Miljoene in vervalste goedere op OR Tambo gekonfiskeer

Die Nasionale Eenheid vir Vervalste Goedere in Suid-Afrika het twee Chinese burgers in Johannesburg aangekeer en beslag gelê op vervalste goedere ter waarde van 5,8 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê meer as 7 000 items wat bekende handelsname namaak is gekonfiskeer. Twee burgers van Ethiopië is ook aangekeer vir oortreding van immigrasiewette. Die gekonfiskeerde items sluit in sporttoerusting, klerasie, skoene, parfuum, sonbrille, horlosies en handsakke.