Miljoene in prysgeld by Wimbledon

Wimbledon het bekendgemaak die prysgeld styg tot 1,173 miljard Namibiese dollar, met die enkelspelkampioene wat elk net minder as 63,4 miljoen dollar in die sak sal steek. Die organiseerders het die prysgeld vir die rolstoeltoernooi ook met 35 persent tot 23,5 miljoen dollar verhoog. Die voorsitter van die All England-klub in Londen, Debbie Jevans, sê hulle winste word in die spel teruggeploeg maar hulle gee ook baie aan die spelers terug. Wimbledon begin op die eerste van volgende maand.