Miljarde vir rys-ontwikkeling in Afrika

Die Afrika Ontwikkelingsbank het ‘n ryssprogram van 12,2 miljard Namibiese dollar bekend gestel om 15 Afrikalande te help in hul poging om 53 miljoen ton rys teen 2025 te lewer. Die doelwit van die program vir die ontwikkeling van lewenskragtige produksie, is om die oeste en opbrengs op die 750 000 hektaar besproeide grond te verdubbel. Een-miljoen ryskwekers, waarvan 30 persent vroue is, sal voordeel hieruit trek. Die president van die Afrika Ontwikkelingsbank, Akinwumi Adesina, sê die vasteland moet ‘n oplossing bring om die wêreld te voed.