Miljarde onreëmatig bestee in Gauteng

Die DA in Gauteng sê hy is bekommerd oor onreëlmatige, nuttelose en verkwistende uitgawes wat in die 2020-2021 boekjaar dramaties verhoog het. Volgens die verslag deur die buurland se ouditeur-generaal was onreëlmatige uitgawes in die vorige boekjaar 9,7 miljard Suid-Afrikaanse rand. Adriana Randall van die DA sê onnodige uitgawes is ‘n las op die inwoners, omdat die geld nou basies verlore is en die regering dit waarskynlik nie kan terugvind nie: