Miljarde geleende geld vir kragprojekte, meerderheid aan Chinese

Chinese kontrakteurs is tans besig om vier uit ses van Namibië se grootste kragprojekte uit te voer. Die totale waarde beloop 5,5 miljard Namibiese dollar aan die Chinese vanuit die totale koste van 7,2 miljard dollar. Die Tender Bulletin berig dat daar kommer moet wees hieroor. Volgens die publikasie se berekeninge word die projekte gefinansier met lenings van ten minste 4,3 miljard dollar, en dit sluit nie die 2,44 miljard dollar lening wat NamPower by die Wêreldbank ontvang het vir die uitbreiding van sy kragnetwerk in die land nie. Dit bring die somtotaal van die skuld vir die energie-projekte tot 6,74 miljard dollar te staan.