Militêre veterane se uitbetalings vorder swak

Volgens ontledings in plaaslike media sal die uitbetalings aan die 11 000 militêre veterane meer as 40 jaar neem as die regering net 276 veterane per boekjaar uitbetaal, soos tans die geval is. Verdediging-minister Frans Kapofi het die kwessie in die Nasionale Vergadering aangespreek in antwoord op ‘n vraag van die PDM-lid Elma Dienda. Kapofi erken uitbetalings vorder nie na wense nie, maar voeg by dat veterane tussen 90 en 100 jaar oud volledig uitbetaal is.