Militêre samwerking tussen Niger, Rusland bevestig

Rusland en Niger, onder militêre heerskappy sedert ‘n staatsgreep verlede jaar, het ooreengekom om militêre samewerking te ontwikkel. Volgens Russiese nuusagentskappe het die Russiese adjunkministers van verdediging Yunus-Bek Yevkurov en Alexander Fomin met Niger se junta-aangestelde minister van verdediging Salifu Modi ontmoet. In ‘n verklaring sê die partye hulle het kennis geneem van die belangrikheid van die ontwikkeling van Russiese-Niger-verhoudinge in die verdedigingsektor en het ooreengekom om gesamentlike aksies te verskerp om die streek te stabiliseer.