Militêre operasie in Jenin grootste sedert 2002

Die Palestynse President Mahmoud Abbas het die grootskaalse Israelse militêre optrede ‘n nuwe oorlogsmisdaad genoem. Israel het ‘n groot militêre operasie teen Palestynse militante in die Jenin-vlugtelingkamp in die besette Wesoewer van stapel gestuur. Dit is die grootste militêre operasie sedert 2002. Agt Palestyne is in die aanval dood en meer as 50 ander gewond. Die Israelse Weermag sê hulle het die uitgebreide teen-terrorisme-aanslag van stapel gestuur in ‘n poging om die terroriste se infrastruktuur te vernietig. Dié aanval bring die dodetal van Palestyne wat vanjaar in die Wesoewer gedood is, op 133 te staan.