Militêre oefeninge vir Iran, Rusland en China

Die vlote van China, Rusland en Iran hou dié week gesamentlike oefeninge in die Golf van Oman. China se ministerie van Verdediging sê die militêre bedrywighede, tot Vrydag, is gemik op die behoud van streeks-maritieme sekerheid. Oefeninge in die gebied is in Maart verlede jaar tussen dieselfde drie lande gehou. Vanjaar se ronde gesamentlike operasies val saam met stygende spanning in die streek met die oorlog in Gaza en Iran-gesteunde Houthi-rebelle in Jemen wat ‘n reeks aanvalle op skepe in die Rooisee uitgevoer het.