Militêre basisse in ‘n vervalle toestand

Suid-Afrikaans-geboude militêre basisse in Namibië deur die Namibiese verdedigingsministerie ná onafhanklikheid oorgeneem is, is in so ‘n slegte toestand dat dit dringend opgegradeer moet word. Volgens ‘n parlementêre verslag sluit dit die militêre basisse van Luiperdsvallei, Keetmanshoop, Karasburg, Gobabis, Walvisbaai-vlootbasis en Rooikop, Karibib-lugmag, Otjiwarongo, Rundu, Okangwati en Mpacha by Katima Mulilo in. Volgens die Tender Bulletin het ‘n parlementêre komitee ná besoeke onder meer vervalle aanloopbane met baie slaggate by sommige basisse waargeneem, asook onvoeldoende verblyfsgeriewe en wapenstoorkamers. Swak sekuriteit en beskadigde grensheinings is by sommige basisse en militêre toerusting blootgelê.