Milaan het wêreld se duurste straat
Die Via Monte Napoleone in Milaan is nou die wêreld se duurste straat vir inkopies en het daarmee die eerste straat in Europa geword wat bo-aan dié lys verskyn. Die prestasie is volgens die jongste verslag deur die eiendomsgroep Cushman and Wakefield wat die afgelope 34 jaar die huurgeld van 138 van die voorste inkopiebestemmings volg. Huur in die Via Monte Napoleone het die afgelope 12 maande met 11-persent gestyg. Fifth Avenue in New York het intussen tot die tweede plek teruggesak, terwyl Bond Street in Londen op sy beurt Tsim Sha Tsui in Hongkong verbygesteek het.