Mikroplastiek kom in wolke voor
Navorsers in Japan bevestig mikroplastiek kom in wolke voor en beïnvloed waarskynlik die klimaat. Volgens ‘n studie in die vaktydskrif, Environmental Chemistry Letters, het wetenskaplikes bevind 10 miljoen ton mikroplastiek word deur mense en diere ingeneem of ingeasem, nadat dit in die longe, hart, bloed en plasenta opgespoor is. Die studie onthul dat mikroplastiek moontlik ‘n noodsaaklike komponent van wolke geword het, wat die weer beïnvloed en uiteindelik byna alles wat die mens verbruik deur plastiekreën besoedel.