Mike Tyson bemark dagga oor-koekies…

Mike Tyson, voormalige swaargewig bokskampioen het ‘n nuwe daggaproduk bekend gestel – eetbare dagga koekies in die vorm van ‘n oor. Hoekom ‘n oor? Onthou jy toe Tyson in 1997 ‘n stuk van Evander Holyfield se oor afgebyt het in frustrasie? Die koekies word deur Tyson 2.0, die voormalige bokser se dagga maatskappy in Kalifornië vervaardig en kom in verskeie geure wat suur appel en waatlemoen insluit.