Mike Nghipunya onder kruisondervraging in Fishrot-saakNovember 5, 2021
Die borgtogaansoek van een van die Fishrot-beskuldigdes en uitvoerende hoof van Fishcor, Mike Nghipunya, duur voort in die Windhoekse hoërhof. Staatsaanklaers het in hul kruisondervraging aan Nghipunya gevra om te verduidelik waarom ‘n maatskappy, Wanakadu, wat slegs twee maande bestaan het, ‘n tender gekry het om gedroogde vis vir droogtehulp te voorsien wat deur ‘n medebeskuldigde, Phillipus Mwapopi besit word. Nghipunya het so geantwoord.