Mike Johnson sal Amerikaanse Huis in konserwatiewe agenda lei
Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het die Republikein Mike Johnson, ‘n konserwatiewe politikus met min leierskapervaring, as speaker verkies. Die 220 tot 209 party-stemme het Johnson in die pos, wat sedert 3 Oktober leegstaan, geplaas. Die 51-jarige Johnson is ‘n Trump ondersteuner en glo ook 2020 se verkiesing is gesteel. Hy sê vertroue in Huis moet herstel word, en ‘n omvattende konserwatiewe beleidsagenda sal daargestel word.