Mike Jeffries pleit onskuldig, borg van US$10m
Mike Jeffries, voormalige uitvoerende hoof van Abercrombie & Fitch het Vrydag skuld ontken op aanklagte dat hy ‘n internasionale sekshandelskema bedryf het terwyl hy in die pos was. Jeffries, 80,, wat Abercrombie van 1992 tot 2014 gelei het, het sy pleidooi op een aanklag van sekshandel en 15 aanklagte van prostitusie voor die Amerikaanse landdros Steven Tiscione in New York. Hy is vry op borg van 10 miljoen Amerikaanse dollar maar moet ‘n enkelband dra. James Jacobson, ‘n kollega wat saam met Jeffries aangekla is, het ook skuld ontken. Hy is vry op borg van 500 000 Amerikaanse dollar en dra ook ‘n enkelband.