Migrerende wild veroorsaak watertekort in Mabwi-bewarea

Die gemeenskap van die Mabwi-bewarea in die Zambezi-streek doen ‘n beroep op die regering om sonpanele en dompelpompe te verskaf om water aan plaaslike wild te voorsien. Die bestuurder van die bewarea, Jerome Mwilima, sê daar moet dringend opgetree word om dierevrektes te voorkom, wat sal lei tot verminderde inkomste vir die bewarea en werkverliese. Hy sê die dierebevolking neem toe want diere van Botswana migreer van hoër terrein na Namibië se laaglande, op soek na groen weivelde en water. Dit raak onvolhoubaar. Die bewarea pomp tans 24 uur per dag water met ‘n kragopwekker, wat ‘n aansienlike finansiële druk op hulle plaas. Die Mabwi-bewarea is die tuiste van duisende sebras, buffels, wildebeeste, roofdiere, wildsbokke, olifante en koedoes.