Mielieprys skiet die hoogte in
Namibië se mielie-oes het vanjaar skerp gedaal weens die droogte, terwyl Suid-Afrika en ander buurlande ook swak oeste gehad het. Daar sal meer mielies ingevoer moet word om in plaaslike vraag te voldoen en die plaaslike prys sal beslis styg. Die prys per metrieke ton het sedert Maart opgegaan en was onlangs op 5 720 Suid-Afrikaanse rand per ton. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die hoofbestuurder van die Namibiese Akkerbouraad, Gilbert Mulonda, wat meer verduidelik en sê die prys vir witmieles is nou sowat 7 000 rand per ton.