Mielieoes lyk maar traag vanjaar
Akkerbouers in die mieliedriehoek verwag om vanjaar net sowat 20 000 metrieke ton mielies te oes, aansienlik minder as verlede jaar se 65 000 ton en die vorige jaar se rekordoes van sowat 95 000 ton. Volgens Agriforum, sê Dawie Kok, bestuurslid van die Akkerbou Produsente-vereniging, dat van die boere eers reën na 15 Januarie vanjaar begin ontvang het. Daar is op 1 Februarie vergader en aanduidings is dat baie akkerbouers nie mielies geplant het nie en eerder gewasse soos grondboontjies geplant het. Kok sê daar is 1 500 hektaar grondbone aangeplant, meeste onder besproeiing met ‘n verwagte opbrengs van tussen 3 tot 4 ton per hektaar.