Mieliedriehoek kry plek-plek reën, maar…

Kommer heers steeds in die Mieliedriehoek oor ‘n gebrek aan reën wat tot misoeste kan lei. Boere hoop dat die tropiese sikloon Freddy sal uitwoed en Namibiese reënpatrone na normaal sal terugkeer, wat in Februarie onder-gemiddeld was. Volgens ‘n mielieboer oos van Grootfontein, Dawie Kok het daar wel enkele buie plek-plek oor die gebied uitgesak, maar dit is vir sommige mielieboere te laat. Kok het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.