Mielie-tekorte op pad – VN

Volgens die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie se jongste verslag is daar wêreldwyd kommer oor graanoeste. Produksie van grane en mielies het erg verklein weens ‘n verskeidenheid faktore, wat droogte, vloede en peste insluit. Dit stoot ook pryse op. Namibië sal ook die meeste van ons grane moet invoer vanjaar weens die droogte wat oeste grootliks laat misluk het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Patrice Talla, die Voedsel- en Landbou-organisasie se substreekkoördineerder vir Suider-Afrika, wat sê die streek gaan vanjaar en volgende jaar ‘n tekort aan mielies hê.