Mielie-oes gaan swak wees, maar daar is ‘n plan
Die Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom Wandile Sihlobo waarsku dat die somer-oes daar met risiko’s te doen het weens onvoldoende reën en voortslepende hittegolwe. Die Zambiese president, Hakainde Hichilema, het die land se uitmergelende droogte tot ‘n nasionale ramp en noodgeval verklaar. Botswana het sy droogste Februarie in veertig jaar beleef, met maksimum temperature wat soms 37 grade Celsius bereik en oorskry het. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoofbestuurder van die Akkerbouraad, Gilbert Mulonda, gepraat oor die plaaslike mielie-oes en of die nasie bekommerd moet wees.
Mulonda sê hoewel die Suid-Afrikaanse mielie-oes ook kleiner sal wees, sal Namibië genoeg mielies van daar af kan invoer om in plaaslike vraag te voorsien.