Middeltermyn begroting weer uitgestel, want LP’s afwesig
Die middeltermyn begroting kon vir die tweede dag nie gelewer word nie omdat daar weer nie ‘n kworum in die Nasionale Vergadering was nie. LP’s was blykbaar teen 3-uur nog in die restaurant besig met middagete, terwyl die sessie half-drie moes begin het. Chaos het losgebars toe speaker, professor Peter Katjavivi die aankondiging gemaak het en gesê het hy’t nie ‘n keuse nie.
Reaksie is ontvang van politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah.