Midde-Ooste: Biden vra vir pouse in skietery

Amerika se president Joe Biden sê die konflik tussen Israel en Hamas moet onderbreek word sodat die gyselaars wat die militante groep in Gaza aanhou, vrygelaat kan word. Hamas hou sedert sy aanval op Israel verlede maand waarin 1 400 mense dood is, meer as 200 mense gyselaar. Dit sluit Amerikaners in. Meer as 8 700 mense is in Gaza dood sedert Israel met wraakaanvalle begin het. Biden sê sy prioriteit is die veilige terugkeer van Amerikaanse burgers en om die vrylating van Israel en ander lande se burgers te ondersteun.