Microsoft N$383m beboet oor Xbox en kinderdata

Die Federale Handelskommissie in die VSA beweer dat Microsoft van 2015 tot 2020 persoonlike data ingesamel het van kinders jonger as 13 jaar – sonder hul ouers se toestemming. Hy is 383 miljoen Namibiese dollar beboet. Die kommissie voer aan dat hy sy Xbox-stelsel gebruik het. Om ‘n Xbox-rekening oop te maak moes die volle naam, e-posadres en geboortedatum verskaf word. Die kommissie sê Microsoft het wetgewing ingevolg aanlynveiligheid vir kinders, oortree. Die gebruik van avatars, samel ook biometriese data in en oortree ook die wet.