Microsoft kap terug oor Call of Duty, ens.

Microsoft se president, Brad Smith, sê die Britse reguleerder se besluit om sy verkryging van ‘Call of Duty’-vervaardiger Activision Blizzard te verbied, het vertroue in Brittanje as ‘n bestemming vir tegnologie-ondernemings in twyfel gebring. Die land se mededingings-oerheid, wat onafhanklik van die regering funksioneer, het die ooreenkoms geblokkeer. Microsoft het teruggekap en sê as die Britse regering beleggings wil lok en werk skep moet hy kyk na die rol van sy owerheid en die boodskap wat die Verenigde Koninkryk aan die wêreld stuur. ’n Woordvoerder van die Britse premier, Rishi Sunak, sê Smith se opmerkings word nie deur die feite bevestig nie.