Michael Nesmith van die Monkees sterf

Die sanger, kitaarspeler en liedjieskrywer, Michael Nesmith van die Monkees, ‘n groep uit die 1960’s, is in die ouderdom van 78 oorlede. Die kwartet het hulle aanhangers se tone laat krul met treffers soos Daydream Believer, en I am a Believer. Hulle het ook hul eie gewilde TV-sitkom gehad. Nesmith het verskeie liedjies gekomponeer, insluitend Listen to the Band, Sunny Girlfriend en Tapioco Tundra. Hy is weens hartversaking by sy huis in Carmel Valley, Kalifornië, dood.