Michael Jordan se sweetbevlekte trui word opgeveil

’n Sweetbevlekte trui wat deur die Amerikaanse basketballegende Michael Jordan tydens ’n oefensessie by die 1992 Olimpiese Spele gedra is, sal die maand by Julien’s in Los Angeles opgeveil word. Daar word beraam dit sal tussen 400 000 en 600 000 Amerikaanse dollar behaal. Die wit trui met rooi is deur Jordan onderteken. Ander eiendom van Jordan sal ook opgeveil word en die opbrengs sal geskenk word aan ‘n sentrum vir vroue- en kindergesondheid in Nairobi, Kenia.