Michael Jackson se sketse gaan onder die hamer
Die koning van Pop, Michael Jackson se ondertekende sketse gaan volgende maand in Los Angeles opgeveil word. King’s Auctions sê Jackson is deur talle kunsvorme beïnvloed – van klassieke werke en argitektuur tot pop-kuns en selfs formele portretstudies. Die maatskappy sê hy was ook baie lief vir Londense en Britse kunsstyle. Agt-en-sewentig kunswerke gaan opgeveil word. Jackson is in 2009 in die ouderdom van 50 oorlede.