Mia le Roux, 28, vat Mej. SA-kroon

Mia le Roux, met ernstige gehoorverlies, het geskiedenis gemaak deur as 2024 Mej. Suid-Afrika gekroon te word. Le Roux is met ernstige gehoorverlies gediagnoseer toe sy ‘n jaar oud was. Die 28-jarige is van Sasolburg, in die Vrystaat, maar het in Oudshoorn in die Wes-Kaap grootgeword. Haar eerste prinses is Gauteng se Nompumelelo Maduna en die tweede prinses is Onalenna Constantin van Noord-Wes. Die glansgeleentheid is by die SunBet Arena in Pretoria gehou. Le Roux neem oor van Natasha Joubert van Gauteng.