Meyer wil nog getuies roep, Hendrina-saak word uitgestel

Die siviele regsgeding wat die menseregte-prokureur Norman Tjombe namens die ontslape nege-jarige Hendrina Mupolo se pa Elia aanhangig gemaak het, sal waarskynlik uitgestel word tot 17 Mei. Die partye het vanoggend stukke voor regter Collins Parker in die verband. Meyer het tyd nodig omdat sy regsverteenwoordiger die inspekteur-generaal van Nampol wil nader in verband met die kriminele ondersoek. Sy span wil getuies roep wat by daardie ondersoek betrokke is en moet bepaal hoe ver die ondersoek afgehandel is, al dan nie, voor hulle geroep kan word. Tjombe werk op ‘n pro-bono basis en dagvaar Johan Meyer, wat klagte van strafbare manslag in die dood van Hendrina in die gesig staar, vir ‘n bedrag van 10,1 miljoen Namibiese dollar vir emosionele skade en mediese koste vir berading. Dit volg na Hendrina se dood op 1 Mei verlede jaar in Meyer se boontjieland. Meyer word verteenwoordig deur Krüger, Van Vuuren & Company.