Mexikaanse stad kry net 6 ure se toegang tot water
Die Mexikaanse stad Monterrey in die Nuevo Leon-provinsie beperk nou daaglikse watertoegang vir inwoners tot net ses ure. Die stap is genoodsaak as gevolg van ’n geskiedkundige droogte in die streek. Die stad, wat omtrent 5,3 miljoen inwoners het, laat watergebruik daagliks net tussen vier-uur en tien-uur in die oggend toe. Die stap is die jongste deur owerhede om watertekorte in die streek aan te pak. Die vraag oortref tans die beskikbare bronne met sowat 2,5 kubieke meter per sekonde. Die gebied het sedert 2015 laer as verwagte reën ontvang.