Mexikaanse dwelmbase pleit onskuldig in VSA

Die inhegtenisneming van ‘n Mexikaanse dwelmbaas en die seun van voormalige vennoot word beskryf as ‘n reusedeurbraak vir die Amerikaanse owerhede wat Mexiko se misdaadlandskap kan hervorm. Ismael “El Mayo” Zambada en Joaquin Guzman Lopez, die seun van Joaquin “El Chapo” Guzman, staar verskeie aanklagte in die gesig en het onskuldig gepleit. Ondersoekers vermoed een van hulle het die ander om die bos gelei om aan boord te gaan van ‘n privaat vliegtuig in El Paso, Texas. Zambada en Guzman het in 1987 saam die Sinaloa-kartel gestig. Guzman dien ‘n lewensvonnis uit in ‘n Amerikaanse tronk.