Mettier-egpaar ongedeerd gevind, vasgesit in rivierbed
Die Mettier-egpaar is teen sonsondergang Dinsdagaand ongedeerd gevind. Hulle voertuig het vasgesit in die sagte sand van die Hoarusib-rivier. Die 82-jarige Hans Jörg Mettier en sy 81-jarige vrou Erika was sedert 23 November vermis na hulle Purros in die verre noordwestelike Kunene-streek verlaat het om noordoos na Opuwo Country Lodge te reis. Intelligence Support Against Poaching, of te wel, ISAP, het ook hulle Protector gestuur wat die egpaar se voertuig uit die lug gesien het met twee voertuie naby.