Metcalfe verafsku Boulter-regsman se uitlatings

Die Namibiese regsfirma Metcalfe Beukes Attorneys verteenwoordig Tabarak Trading en Contracting waarin ses Saoedi-Arabiese beleggers die Britse sakeman, moordbeskuldigde en plaaseienaar in Namibië, Harvey Boulter, dagvaar. Boulter ontken bewerings dat hy wanvoorstellings gemaak het aan beleggers wat hom later in ‘n hof in Dubai gedagvaar het en nou probeer om dié hof se uitspraak in Namibië te laat afdwing. Boulter se regsverteenwoordiger, Sisa Namandje, het gesê die Dubaise hofbevel teen Boulter is deur bedrog en in sy afwesigheid verkry. Namandje het ook die Dubaise hof ‘n godsdienste boendoehof genoem. Richard Metcalfe van Metcalfe Beukes Attorneys het met afsku aan Kosmos 94.1 Nuus gereageer oor die opmerkings wat deur Namandje gemaak is…