Meryl Streep is terug in The Devil Wears Prada

Meryl Streep het bevestig sy keer terug vir ‘n opvolg van The Devil Wears Prada. Die 75-jarige Amerikaanse Oscar-wenner gaan haar rol as die formidabele uitvoerende redakteur van die modetydskrif, Runway, Miranda Priestly, laat herleef. Die nuwe fliek fokus blykbaar op die einde van haar loopbaan en wanneer sy gekonfronteer word met die agteruitgang van die vooruitbestaan van tradisionele tydskrifte . Emily Blunt as haar assistent, Emily Charlton, keer ook terug maar daar is nog geen bevestiging nie oor die deelname van Anne Hathaway, as haar ander assistent, Andrea Sachs.