Mercedes sal sy tegniese uitdagings opklaar

Mercedes se Formule Een-renjaer, George Russell, sê hy is vol vertroue die span sal die probleme wat hulle nou met die motor ondervind, kan opklaar. Mercedes se gebrek aan tempo tot dusver die seisoen was een van die hoofbesprekingspunte van die eerste drie wedrenne. Russell het in aanloop tot die Emilia Romagna Grand Prix die naweek gesê hulle is bewus van die areas waarin hulle moet verbeter: