Mercedes kan nog ‘n F1-kampioenskap wen: Hamilton

Motorsport: Die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen, Lewis Hamilton, sê hy is vol vertroue dat Mercedes nóg ‘n kampioenskap kan wen. Die seisoen skop die naweek af met die Bahrein Grand Prix wat die rekord 12de seisoen vir die vennootskap tussen Hamilton en Mercedes sal wees. Die Brit sê sy besluit om volgende jaar by Ferrari aan te sluit beteken nié dat hy in Mercedes se vermoë twyfel om weer bo uit te kom nie.