Merc se opgraderings sal die naweek te sien wees
Mercedes se langverwagte opgraderings aan sy W14-motor is uiteindelik te sien by die naweek se Formule Een Emilia Romagna Grand Prix in Imola, Italië. Sedert die seisoen se eerste wedren in Bahrein, het die Silver Arrows besef hulle het ‘n fout gemaak deur by die vorige jaar se ontwerpkonsep te hou. Mercedes was versigtig om nie te veel te belowe oor wat enige opgradering op die kort termyn kan bereik nie. Die span se hoof, Toto Wolff, het egter herhaal hy verwag nie dat daar skielik verskuilde prestasie na vore gaan kom nie.