Merc herontwerp voorste voertuig-vlerk

Mercedes se Formule Een-baas, Toto Wolff, sê hulle is tevrede met die wettigheid van die vernuwende ontwerp van die voorste vlerk op hulle nuwe motor. Die voorste vlerk het tydens die voorseisoentoetse in Bahrein onder die loep gekom oor die manier waarop dit die lugvloei rondom die motor beïnvloed. Dit lyk asof die span ʼn skuiwergat gevind het, twee jaar nadat F1-regulasies verander is om los vlerk-dele te verbied. Wolff sê hulle het tydens die ontwerp van die voorste vlerk met die FIA beraadslaag: