Menzies verloor aansoek om toegang tot lughawe-perseel

Menzies Aviation het sy jongste aansoek, om onder andere, toegang tot die Hosea Kutako Internasionale Lughawe te bekom, met kostes verloor. Regter Hannelie Prinsloo het vanoggend haar beslissing gemaak. Die maatskappy het toegang gevra vir parkering, badkamers, oop spasies, die hoofgebou en die aanteken-toonbanke. Dit is onbekend wat van die vrag wat steeds in Menzies se pakhuis op die lughawe sal word nie. Menzies het in sy jongste persverklaring gesê daar is 23 ton vrag en hy kan dit nie aan Paragon Aviation oorhandig nie en moet dit self verwerk.