Menzies sê hy is toegang tot sy vrag geweier

Menzies Aviation het ‘n verklaring uitgereik om wat hy sê verkeerdelike beriggewing is, reg te stel. Die maatskappy sê sedert hy by die lughawe-perseel uitgesit is, poog hy om toegang tot sy vrag te kry om dit af te lewer. Hy haal die lughawensmaatskappy aan en sê toegang tot die perseel is geweier omdat die hantering van vrag en verlore bagasie onder die nuwe hanteerder val. Menzies sê hy kan nie vrag aan Paragon of die lughawensmaatskappy oorhandig nie en voeg by dat daar dokumentasie is wat hy moet voltooi. Dus, het hy nie sy vrag agtergelaat nie, hy het nie toegang nie. Hy sê ook het maande lank bewyse van Paragon se sertifisering aangevra maar, niks is na vore gebring nie.