Menzies se dringende aansoek terug in die hof vandag

Die meriete van die dringende aansoek deur Menzies Aviation teen die Namibiese Lughawensmaatskappy en Paragon Investments, onder andere gebring is, word vandag deur regter Shafimana Ueitele aangehoor. Die kern van die aansoek deur Menzies, wat tans steeds vrag hanteer op die lughawe, is redelike kennisgewing en tesame daarmee poog die maatskappy – om in die tussentyd slegs tussentydse verligting te verkry – om te verhoed dat die Lughawensmaatskappy en Paragon ‘n duidelik onwettige toekenning kan implementeer tot tyd en wyl die hoofoorsig aangehoor is. Senior advokaat Raymond Heathcote, vir Menzies, het die aansoek so aan Ueitele verwoord.