Menzies onttrek saak, partye haaks oor kostes
Die hof-sage oor die vrag- en grondhanteringsdienste by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe handel nou oor ‘n skikking oor kostes. Menzies Aviation se aansoek teen sy uitsetting by die lughawe sonder dat ‘n geldige en wettige lasbrief van uitsetting verkry en uitgereik is, word onttrek en kennis is vroeg in Julie hiervoor ingedien. Die partye het regter Herman Oosthuizen ingelig dat hulle nie ooreen kon kom oor watter kostes en op watter skaal Menzies sal dra nie. Die saak kom vandag vir ‘n bevel in die verband voor.