NAC: Menzies moet Maandag ontruim op HKIA

Die Namibiese Lughawens-maatskappy het met logiestieke prosedures begin ná die uitspraak van die appèlsaak van Menzies Aviation in die hooggeregshof. Menzies het sy appèl om vraghantering op Hosea Kukato-lughawe voort te sit, en die aanstelling van Paragon ter syde te stel, verloor. Die aansoek volg na Menzies verskeie stappe gepoog het na die lughawensmaatskappy sy tender uitgegooi het vir nie-nakoming van bepalings nie. Regters Dave  Smuts, Sylvester Mainga en Elton Hoff het Vrydag die beslissing gemaak. Die uitvoerende hoof van die lughawensmaatskappy Bisey /Uirab het in ‘n brief aan belanghebbendes geskryf dat ‘n vergadering met Menzies en Paragon gehou is om die oorhandigings-prosedures te finaliseer. Dit behels dat Menzies sy bedrywighede Maandag op die lughawe afsluit vir Paragon om die vraghantering Dinsdag te begin.