Menzies kry verlof tot appèl teen weiering van interdik

Dit wil voorkom asof Menzies Aviation gaan aanhou vrag hanteer op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe. Regter Eileen Rakow in die Windhoekse hoërhof het die maatskappy verlof tot appèl tot die weiering van die pendente lite-interdik toegestaan. Die aansoek is apart van die dringende aansoek voor regter Shafimana Ueitele wat op 4 Augustus sal uitspraak lewer. Menzies wil aanhou vrag hanteer midde die hersiening van die Namibiese Lughawensmaatskappy se toepassing van die verkrygwingswet in die toestaan van die tender aan Paragon.