Menslike oorskot in soektog na Jay Slater gevind
Die Spaanse polisie het menslike oorblyfsels gevind tydens die soektog na die Britse tiener, Jay Slater, in Tenerife. Daar is nog niks verneem van die 19-jarige, van Oswaldtwistle in Lancashire, sedert hy op 17 Junie op die Spaanse eiland vermis geraak het nie. Volgens berigte is die liggaam opgespoor naby die plek waar sy selfoon die laaste keer was. Hoewel dit nog formeel uitgeken moet word, is Slater se besittings en klere by die liggaam gevind. Die polisie sê volgens voorlopige ondersoeke het hy ‘n ongeluk gehad of geval.