Menseslagting moet nooit vergeet word nie

Palestynse medici het daarin geslaag om 31 vroeggebore babas uit die Al-Shifa-hospitaal in Gaza te ontruim tydens ‘n gevaarlike optrede. Die hoofdirekteur van die Wêreldgesondheidsorganisasie Tedros Ghebreyesus, sê die oordrag is gedoen met ses ambulanse van ‘n Palestynse mediese organisasie wat in moeilike sekerheidstoestande uitgevoer is. Die babas is na ‘n intensiewe sorgeenheid vir pasgebore babas in die Rafah-hospitaal geneem. Intussen sê die Israelse premier Benjamin Netanyahu dat die enigste pad na vrede is dat die menseslagting op 7 Oktober altyd in Gaza en elders onthou moet word.