Menseregteraad is ook skuldig oor Gaza

Die buurland se minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, sê dis reg dat Hamas gewys word op sy misdade teen onskuldiges, maar die wêreld moet ook sy gebrek aan optrede tydens 70 jaar se besetting in ag neem. Sy het die 55ste sitting van die Verenigde Nasies se Menseregteraad in Genève toegespreek. Pandor sê huidige globale probleme vereis die bevordering van ʼn billike multilaterale stelsel en voeg by verdraagsaamheid is ʼn voorvereiste vir vrede: