Menseregtekommissie bekommerd oor vrouehostelle

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie is bekommerd oor die toestande in vrouehostelle in Gauteng. Inwoners van die Helen Joseph-vrouehostel in Alexandra het toenemende gevalle van verkragting en roof aangemeld. Hulle het tydens ‘n optog na die kantoor van die premier, Panyaza Lesufi, die lewensomstandighede as onuithoudbaar beskryf en sê rioolstortings, stukkende toilette en lekkende dakke is aan die orde van die dag. Zamantungwa Mbeki van die kommissie sê die klagtes moet aandag kry.